News

Shimlas en Tukkies slaags

Van Vuuren en Vlok in aksie vir Tukkies.

’n Blou Bulle Cravenweek agsteman staan vanaand breed in die pad van Tukkies, wanneer hulle Shimlas in Bloemfontein pak.

Die afskop is om 19:00.

Liam Shamburg was een van die groot uitblinkers nadat die Bloemfonteiners in die eesrte rondte maalvleis van Maties gemaak het.

Die telling was 50-39.

Die Universiteit van Pretoria was self indrukwekkend en het die verdedigende kampioen, Ikeys, met 38-22 geklop.

Oud HTS Middelburg senter Christiaan Vlok en Ben Janse van Vuuren, oud Hoërskool Middelburg losvoorspeler, is deel van die Tukkies groep.

Bepalings:
16:45 NWU Arende vs FNB Emeris. Televisie wedstryd.
16:45 Universiteit Kaapstad (Ikeys) vs Sentraal Universiteit Tegnologie.
19:00 Shimlas vs Tukkies.
19:00 Maties vs Universiteit Johannesburg. Televisie wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button