News

Bagasiebakmoord: Oorblywende drie beskuldigdes pleit onskuldig

Die oorblywende drie beskuldigdes in die omstrede bagasiebakmoord het vanoggend onskuldig gepleit.

Die drie mans wat aangekla word na die wrede moord van Danie Maritz, het vanoggend in die streekhof in Middelburg onskuldig gepleit op die klagtes teen hulle.

Jan Jordaan en Kobus Pretorius word aangekla van moord en Emele Jacobs vir die gebeure ná die moord. Jordaan en Pretorius is albei in aanhouding en Jacobs is steeds uit op waarskuwing.

Jan Jordaan. Foto: Verskaf.
Kobus Pretorius. Foto: Verskaf.
Emele Jacobs (beskuldigde vier). Foto: Verskaf.

Danie is in die middernagtelike ure van 15/16 November 2023 by ’n skrootmetaalbesigheid in Middelburg vermoor. Sy oorskot is daarna in die bagasiebak van Angelique Appelgryn se voertuig gelaai, waarna dit aan die brand gesteek is.

Twee reeds tronk toe

Alex Grobler, wat ook aanvanklik een van die beskuldigdes was in die saak, het in ’n pleitooreenkoms met die staat sy aandadigheid in die gebeure erken. Hy was nie by tydens die moord nie en het later, op Appelgryn se aandrang (volgens sy getuienis), Danie se lyk in die bagasiebak gelaai en die voertuig aan die brand gesteek. Grobler is tydens die pleitooreenkoms vyf jaar tronk toe gestuur.

Alex Grobler is ‘n vyf jaar tronk toe gestuur na ‘n pleitooreenkoms met die staat. Foto: Verskaf.

Appelgryn is verlede jaar ook vyf jaar tronk toe gestuur tydens ’n pleitooreenkoms met die staat. Sy het skuldig gepleit op twee klagtes; sameswering tot aanranding en aanranding, asook haar betrokkenheid om van die Maritz se lyk ontslae te raak.

Appelgryn het Danie geken en het hom gevra om namens haar dwelms en die metaal, koper te verkoop. Hy het egter gedreig dat hy vir Jacobs (beskuldigde vier) gaan vertel dat sy dit van hom gevra het. Hy wou ook polisie toe gaan om te sê dat Jacobs gesteelde goedere verkoop.

Woman with glasses who was sentenced to five years imprisonment for covering up a murder.
Angelique (Angie) Appelgryn is ook vyf jaar tronk toe gestuur as deel van ‘n pleitooreenkoms met die staat. Foto: Verskaf.

Sou Danie ’n les leer

Sy het verder getuig dat sy en Jacobs besluit het om ‘hom ’n les te leer’ en hom te laat aanrand deur Jordaan en Pretorius. Hy is op 15 November na die skrootmetaal besigheid gelok met die belofte dat Jacobs hom gaan betaal vir skrootmetaal wat hy verkoop het.

Hy was besig om sy skrootmetaal op te sny, toe Jordaan en Pretorius, volgens haar, hom begin aanrand het.

Sy het verder beweer dat Jordaan en Pretorius by die kantoor ingekom het en volgens die ooreenkomsverklaring sou Pretorius gesê het dat Danie dood is en dat sy niemand moet vertel nie, want dan gaan hulle, “volgende wees”.

Pretorius se hande vol bloed

Volgens haar was Pretorius se hande vol bloed en hy en Jordaan het daarna van die perseel af verdwyn.

Sy wou die polisie skakel, maar het gesê dat Jacobs haar sou afgeraai het om dit te doen, omdat die gesteelde eiendom op die perseel gekry sou word.

Op sy aandrang moes sy vir Alex (Grobler) skakel en het sy hom gaan oplaai in eMalahleni en teruggeneem na die skrootmetaalbesigheid in Middelburg. Grobler het daarna Danie se liggaam in Appelgryn se bagasiebak gelaai.

Sy het ook beweer dat Jacobs haar telefonies ingelig het dat die liggaam aan die brand gesteek moes word.

Sy kon nie slaap nie en het Grobler gebel. Hy het genoem dat hy nie meer brandstof het nie. Appelgryn het gesê sy en Jacobs het gaan brandstof koop en agter hom aangery tot by ‘n grondpad.

Daarna meld die verklaring dat Grobler die brandstof gevat het, dit in Appelgryn se voertuig (met Danie se oorskot in die bagasiebak) ingegooi en aan die brand gesteek het.

Danie Maritz se oorskot is in die bagasiebak gevind nadat die voertuig uitgebrand het. Foto:

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button