News

Wedstryd ontsier deur onnodige geniepsige  spel

Twee spelers hospitaal toe tydens EG Jansen en Rooi Bulle kragmeting.

’n Skitterede wedstryd in die NWU Pukke halfeindstryd tussen EG Jansen en HTS Middelburg se eerste spanne, is ontsier deur onnodige geniepsige spel van die Boksburgers.

Albei die Rooi Bulle senters, Nathan Jansen van Vuuren en Jacques Greyling, is hospitaal toe geneem.

Rugbyspelers draf op die veld.
HTS Middelburg se Rooi Bulle kom op die veld gedraf. FOTO: Tobie van den Bergh.

Daar is verneem dat hulle tans by die Life Midmed Hospitaal se Ongevalle afdeling is.

Jansen van Vuuren het ’n nekbesering opgedoen en is met ’n ambulans hospitaal toe afgevoer.

'n Seun op 'n draagbaar.
Nathan Jansen van Vuuren word met ’n draagbaar van die veld gedra met ’n nekbesering. FOTO: Tobie van den Bergh.

Die EG Jansen speler wat hom by ’n losskrum vanuit ’n onkant posisie geloop het, terwyl hy weerloos was, is met ’n rooi kaart van die veld gestuur.

Greyling het opgestaan na hy behandel is en om die veld na sy span gestap,  maar het nadat die eindfluitjie geblaas het, inmekaar gesak.

'n Drie word gedruk.
HTS Middelburg het die drieë ingeryg. FOTO: Tobie van den Bergh.

Hy was duidelik in groot pyn en het vermoedelik ’n ribbesering opgedoen.

Die senterpaar was die span se groot helde en het skitter spel opgedis voordat hulle beseer is.

'n Seun word van die veld af onersteun.
Jacques Greyling word ondersteun nadat hy na die wedstryd teen EG Jansen inmekaar gesak het. FOTO: Tobie van den Bergh.Bergh.

Die voorvalle is bejammeringswaardig omdat toeskouers vermaak is met ’n drieëfees. Die Rooi Bulle het nooit gelyk of hulle gaan verloor nie en het by tye mooi rugby gespeel om met 46-31 te wen.

Hoërskool Middelburg het met 40 elk teen Ben Vorster van Tzaneen gelykop gespeel, maar dring deur na die eindstryde volgende naweek teen HTS Middelburg op die velde van Hoërskool Kempton Park, omdat hulle die eerste drie van die wedstryd en ook die meeste drieë gedruk het.

Dit kan ’n kleedrepetisie wees vir die groot derby later hierdie jaar.

Die seuns in 'n kring op die veld.
Die HTS span. Foto: Tobie van en Bergh
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button