Vir die een was daar goeie nuus, vir die ander die einde van sy 2026 rugbyloopbaan.
Ironies is die speler van HTS Middelburg wat met ’n draagbaar van die veld is met ’n nekbesering, die een wat weer kan speel.
Die speler wat van die veld geloop het, se seisoen is verby.
Nathan Jansen van Vuuren is met ’n ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer, met ’n nekbesering, maar nadat hy deeglik ondersoek is, het hy die groen lig gekry om weer die Rooi Bulle se trui oor die kop te trek.

Vir sy sentermaat, Jacques Greyling, wat sy milt geskeur het, was daar slegte nuus. Sy seisoen is verby.
Die nuus kom vir die provinsie se voorslag agterspeler op die slegste moontlike tyd.
Saterdag speel HTS Middelburg teen sy ou aartsvyand, Hoërskool Middelburg, in die eindstryd van die NWU Pukreeks in Kempton Park.
’n Wedstryd waarvan jong Rooies al van graad agt af al droom om in te speel.
- Die jaarlikse derby vind vanaf 4-9 Mei by Hoërskool Middelburg plaas met die rugby op 9 Mei.