NewsSport

Irvette kom haar Loskop titel verdedig

Lerentia wil weer so maak in Wild Challenge

Twee vroue, een missie…
Om hulle titels te verdedig!

Volgens Loskop Marathon wedloop organiseerder, Hein Koch, het verlede jaar se 50 kilometer kampioen, Irvette van Zyl, bevestig dat sy weer die wedloop aandurf.
Die wegspring is Saterdag, 25 April 2026, in John Magagulastraat, oorkant HTS Middelburg se sportvelde en die eindpunt 50km later by Forever Loskopdam.

Na haar treurmare in die Twee Oseane ultra-wedloop sal die Olimpiese marathon atleet, graag wil vergoed met ’n oorwinning.
Alhoewel sy een van die gunstelinge was voor die Twee Oseane het sy een van daardie wedlope beleef, waar alles net verkeerd gaan, soos om haar bottel met nodige muti te mis en later het sy ook met krampe gesukkel.
Die Hollywood Athletics Club atleet het die wedloop uiteindelik in die 21ste plek voltooi, in ’n tyd van 04:05:05.

Wanneer die Van Zyl gesin opdaag is dit natuurlik twee Olimpiërs. Haar man, LJ, was op sy dag ’n Olimpiese hekkies atleet, wat sy vrou verlede jaar al die pad tot by die dam ondersteun het.

Lerentia Strydom. FOTO: Verskaf.

Oud Laerskool Dennesig en Hoërskool Kanonkop leerling, Lerentia Strydom (Swanepoel), gaan die titel wat sy 10 jaar gelede in die Wild Challenge halfmarathon gewen het, probeer terugwen.
Die gesin is later na Australië, maar is terug op Middelburg en maak op verskeie sportgebiede ’n verskil.
Sy het voorheen in die Twee Oseane lang veldwedloop derde, in ’n tyd van 2:31:48, geëindig.

Verlede jaar het sy die Oyster Catcher driedag veldwedloop gewen. Sy was algeheel eerste met ’n nuwe rekordtyd van 4 ure en 33 minute oor die 46 kilometer.
Nou wag die moeilike en uitdagende Loskop halfmarathon.

Twee vroue…een missie, ons wag in spanning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button