Een gelykop, een verloor… én nou wag Piet Retief.
Middelburg se eerstes het Saterdag met 20-12 teen Lydenburg se Rooikatte vasgeval, maar kry Saterdag kans om te vergoed vir die nederlaag, wanneeer hy Piet Retief op die Kees Taljaard Stadion pak.
Middelburg se tweedes is steeds op die wenpad na ’n oorwinning van 16-10 oor die Rooikatte.
Blessing Mawere het die enigste drie gedruk. Ricardo Schonfeldt slaag met die doelskop en drie strafdoele.
Middelburg se eerste span punte is aangeteken deur Janco de Lange en Melusi Sibanyone elk met ’n drie. Zander Erasmus slaag met een doelskop.
Piet Retief se tweede span het onttrek vir Saterdag se kragmeting.
Fanie Miller lei weer die Swart span van slot af, met senter Divan Geyser wat leiding agterlangs neem en ook die onder kaptein is.
Middelburg:
Siyabonga Magagula, Chelton de Villiers, Divan Geyser (onder kaptein), Anthoni Smuts, Siyabulela Jabuza, Zander Erasmus, Lucan Dreyer, Mario Kangeja, Stephen Nkosi, Zulu van Niekerk, Fanie Miller (k), Stefan Rademeyer, Armand Els, Janco de Lange, Avive Thomas. Plaasvervangers: Xander Barnard, Mpho Mkwanasi, Tiishetso Masifana, Duan Grobler, Jayden Bezuidenhout, Melusi Sibanyoni, Neo Boshielo, Michael Mizwa.
