News

Wat gaan gebeur wanneer die leeus opdaag?

Wild Challenge halfmarathon bied asemrowende uitsig oor Loskopdam.

Hoe lank nog voordat die wild te wild gaan wees?

Die Wild Challenge Loskop halfmarathon is ’n unieke wedloop. Dit strek deur die ongerepte natuurskoon van die Loskopdam natuurreservaat.

Drawwers kry die geleentheid om Loskopdam te beleef, soos geen ander mens nie. Wanneer hulle die toppunt van die kameelperdnek bereik en terugkyk, bied dit ’n asemrowende uitsig oor die Loskopdam.

Maar die vraag is; hoe lank nog voordat dit te gevaarlik sal wees vir drawwers?

Gerhard Rheeder het onlangs berig dat daar beplan word om die groot vyf in die natuurreservaat te vestig.

Wanneer die leeus en olifante opdaag sal dit nog veilig wees vir drawwers?

’n Halfmarathon word wel in Skukuza aangebied, waar veldwagters sorg dat deelnemers veilig is.
Daar is nie ’n tydraamwerk op die ontwikkeling nie, maar planne is al ver gevorder met ’n finansiële inspuiting van R120 miljoen deur die Aspinall Stigting.

Die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap het ’n ooreenkoms met die Aspinall Stigting en hulle plaaslike filiaal, WeWild Africa, aangekondig as die eerste van sy soort, waarin die provinsiale bewaringsagentskap in samewerking met internasionale nie-winsgewende stigtings sal optree.

Die skenking van R120 miljoen sal bydra tot die ontwikkeling van bestaande infrastruktuur, die bevordering van natuurbewaring en die stimulasie van die plaaslike ekonomie.

Die ooreenkoms is vir 25-jaar, en die MTPA beoog om sy grondgebied van 23 500 hektaar te vergroot met omliggende areas as een van Suid-Afrika se grootste Groot Vyf wildreservate. Verskeie wildspesies sal ingebring word, wat olifante, swart renosters, leeus en jagluiperds insluit.

Iemand sê tong in die kies “wanneer die leeus opdaag kan drawwers dalk rekord tye hardloop”.

Of gaan ervare wedloop organiseerder, Hein Koch, nog een van sy vele uitdagings oorkom?

Een was juis toe die pad oorstroom is en drawwers op ’n alternatiewe begelei moes word na die eindpunt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button