News

Laat daar lig wees…en toe is daar lig

Ouderling dra kruis al die pad saam in Wild Challenge halfmarathon

Daar gebeur somtyds dinge in die lewe wat onverklaarbaar is.
Mense praat van wonderwerke…
Ander sal sê dit is “toevallig”.

Dr Christo van der Merwe het tydens ’n diens in die Hervormde Noord Gemeente, gepreek oor “theofanuia”.
Theofania (Grieks: theophaneia, van theos “god” en phainein “verskynen” of “toon”) beteken letterlik die openbaring of verskyning van God aan mense. Dit verwys na ’n tasbare manifestasie van die goddelike in die menslike wêreld.

Des Jelliman, wat meer bekend is as die provinsie se voorslag halfmarathon atleet, is ’n ouderling in die gemeente.
Op 4 April het hy besluit om ’n kruis te maak.
Hy was onseker wat om met die kruis te maak, maar het later vir sy vrou, Rika, gesê hy gaan die kruis saamvat tydens die Wild Challenge Loskop halfmarathon se pre-wedloop op 6 April.

5 April was Opstanding Sondag.
Dr. Van der Merwe se tema was ook “Hy het opgestaan, Hy het opgestaan Hy het waarlik opgestaan”.
Die wit kruis is saam met die groep drawwers en heel bo by Kameelperd se Nek, met Loskopdam wat in die verte majestueus blink, het hy die kruis geplant.

En laat daar Lig wees en toe is daar Lig. ’n Skerp sonstraal skyn helder op Des Jelliman se wit kruis. FOTO: Verskaf.

Een van die drawwers het ’n foto geneem.
Op die foto sit Des by die wit kruis.
Des sê: “In my binneste het ek gebid, Here laat U lig in my skyn”.
Die persoon wat die foto geneem het, Des weet nie wie was dit nie, het nog ’n foto geneem.
En toe is daar Lig!
Op die foto skyn ’n helder lig deur ’n boom tot op die kruis.
Theofania?

Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria se slagspreuk. FOTO: Affies webblad.
  • Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria se slagspreuk is “Laat daar lig wees”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button