NewsSport

Saterdagoggend al swetende in ultra-wedloop, Sondagoggend vars in die kerk

Herman wys hy is ’n ware Ysterman

Die meeste mense ken hom as “Herman van Socrates”.
Na dese kan hy bekend staan as “Herman Ysterman”.
Ses dae nadat Herman van Niekerk (43) die Isuzu Ysterman Suid-Afrikaanse kampioenskappe voltooi het, het hy Saterdag ook die Loskop 50km kafgedraf.
Om net te dink aan sy ses dae se malligheid maak mens moeg.

Verlede Sondag het hy drie kilometer in die see geswem, 180 kilometer fiets gery en daarna ’n marathon gehardloop, 42,2 kilometer. ’n Totale afstand van 226 kilometer!
Moenie die man op sy bande, skuus baadjie, takseer nie.
Saterdagoggend het hy saam met netbal skeidsregter, Tharina Opperman, die Loskop 50km ultra-marathon met ’n groot glimlag klaargemaak.

Hulle is albei aktiewe lede van die Hervormde Noord Gemeente.
Sondagoggend was Tharina vars en vrolik in die kerk om die voorsang te lei en die afkondigings te doen.
Wanneer jy Herman pols oor sy epiese poging, maak hy dit af as nikseggend. “Jy is nie so seer as na Comrades wanneer jy die Ysterman klaargemaak het nie, daarom is dit dit nie so erg om die Loskop ook te doen nie”.

Shaun Bekker Saterdag tydens die Wild Challenge deur die Middelburg Observer se Yvette Boshoff afgeneem.

Shaun Bekker, wat ook die Ysterman se baas was, het die Wild Challenge kafgedraf.
Asof dit nie genoeg is nie, het Socrates ook Saterdagoggend ’n waterpunt op die Loskop Marathon beman!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button