Groot ? oor wie die gunsteling is
HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg eerstes reg vir derby drama
Wie gaan die druk die beste verwerk?
Wie gaan sy kanse die beste gebruik?
Wie gaan sy foute beperk?
Wie se dissipline gaan die beste wees?
As julle wil weet, sien julle moremiddag half vier by Hoërskool Middelburg se A-veld.
In al die jare was dit nog nooit so moeilik om ’n gunsteling te kies in die derby nie.
HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg is hierdie jaar soos die Blou Bulle, jy weet nie watter span gaan opdaag nie.
Miskien, net miskien is Middies so kortkop die gunsteling, na sy goeie oorwinning oor Menlopark en met die Rooi Bulle wat gesukkel het teen Kempton Park.
Het die span in groen ook nie meer spelbrekers nie?
Boonop het hy agt provinsiale spelers in sy geledere met Cravenweek aspirasies.
Dat die dorp honger is vir derby rugby is verseker.
Daar is geweldige belangstelling in die kragmeting en elke denkbare sitplek gaan volgepak wees.
Op die einde was daar reeds een groot wenner; Middelburg.
Vir die nuwe hoofafrigter van Middies, Christiaan Gouws, is dit die begin van ’n nuwe hoofstuk in sy rugbyreis.
Hy het die leisels oorgeneem by jarelange staatmakers Buks Botha en Apie Human.
Skoolhoof JJ Hennop het ook ingespring om die sukkelende lynstane reg te ruk.
Aan die kant van die Rooi Bulle is ’n fanatiese en gewilde Bul, Jano Venter.
Hy het vanoggend gespot dat die Middelburg Observer sy mashoof na rooi moet verander indien sy span wen.
Nouja, dit sal ’n eerste wees in die koerant se 123 jaar bestaan.
Maar dan moet die Rooi Bulle natuurlik eers wen.
Albei skole het ’n groot terugslag beleef.
Mezi Siyaya is na sy rooi kaart verlede teen Menlo uit die derby en HTS Middelburg speel sonder sy beste speler, die senter Jacques Greyling.
Die dag gaan behalwe vir die hoofwedstryd genoeg bied om ’n kaartjie te koop.
Hoërskool Middelburg
Jeanré Ooosthuizen, Kgontse Masilela, Jano Wilson, Blake Faber (Onder kaptein), Kgotso Peta, Buhle Mphahlaza (k), Enio Mahnica, Sifiso Hlungwane, Siyabonga Mokgoatjana, Aiden Nel, Khensani Buthelezi, Lihan de Vaal, Dewald du Toit, Ryan Blake (Onder kaptein), Melchior van Niekerk. Plaasvervangers: Gerbrand Davel, Kevin Grobler, Ziyanda Xaba, Johan Raulstone, Wihan Strydom, Jeandre Cornelius, Jayden Abbey, Lihle Nkadimeng.
HTS Middelburg
Cornelius Erasmus, Fourie Joubert, Wynand Cronje, Nathan Jansen van Vuuren, Ruwan Graaff, Ruhan Janse van Vuuren, Ruan Pienaar, Regard Blake, Andrea de Wet (k), Argu Kruger, Ruben Kruger, Max Venter, Uzile Mathelela, Jade Stimie, Carlo Joubert. Plaasvervangers: Zikhona Mathibela, Edward Elmes, Ruben Jooste, Tiaan Grobler, Jayden Olds, Dante Lubbe, Adrian Humphries, Rocco Bekker.
