En toe gebeur dit.
Dit wat mens nie by ‘n skouspel soos die MHS v HTS derby wil hê nie; ‘n vuisgeveg.
Die appels het geswaai op die Middie ondersteuners pawiljoen nadat kanniedood HTS ondersteuners hier en daar tussen die skare moes sitplek soek.
Die eindfluitjie het lankal geblaas voordat die geveg uitgebreek het.
Eers lê die mans in, en dan spoel dit oor na die vroue.
Vingers word nou heen en weer gewys.
Na wat verneem word het die bakleiery oor ‘n vape ontstaan, wat tussen Middies ondersteuners gebruik is.
Die dag was verder harmonieus en ‘n vertoonkas vir Mpumalanga rugby.
Die video, hierbo, wat tans ‘n sosiale media veldbrand veroorsaak het, was volgens ooggetuies net ‘n storm in ‘n teekoppie by wat anders ‘n vlekkelose derby was.
Middies se hoof JJ Hennop kon nie in die hande gekry word nie.
