Vriendskaplik is verby nou wag die beker
HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg Saterdag tuis in aksie
Die vriendskaplike wedstryd is verby, as mens Saterdag se derby “vriendskaplik” kan noem.
Nou wag die ware liga Saterdag op Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg.
Anders as wat baie toeskouers dink was die kragmeting Saterdag net vriendskaplik omdat die skole in verskillende ligas speel. HTS Middelburg in die plaatafdeling en Middies in die beker.
Na sy oorwinning oor Menlopark pak Christiaan Gouws se span Rustenburg Saterdag, 16 Mei, tuis.
Jano Venter sal na nederlae teen Kempton Park en teen Hoërskoool Middelburg weer op die wenpad wil kom, wanneer die Rooi Bulle tuis teen Montana speel.
Die Pretorianers het naelskraap met 31-37 teen die sterk span van Nelspruit verloor.
HTS Middelburg hoef nie sleg te voel na sy nederlaag teen Kempies nie, want hulle het Oos-Moot met 52-8 afgeransel.
Rustenburg het die naweek naelskraap met 32-28 teen Boksburg se EG Jansen vasgeval. Die verrassing van die naweek was Menlopark wat met 38-31 teen Helpmekaar gewen het. Die einste span wat teen Hoërskool Middelburg verloor het.
Op hierdie stadium is die twee spanne om te klop in die bekerafdeling Monument wat Noordheuwel maklik met 41-15 geklop het en Garsfontein wat met 24-18 teen Waterkloof gewen het.
’n Groot wedstryd op die bepalingslys is op 8 Augustus wanneer HTS Middelburg weg teen Nelspruit speel, wat sal bepaal wie is baas in Mpumalanga.
Middies is verrassend vyfde op die bekerafdeling se puntestand na een wedstryd met Monument eerste op nege punte, Garsfontein ook op nege, Waterkloof ses, Menlopark ses, almal na twee wedstryde.
Hoërskool Middelburg het vyf punte teen Menlopark verdien.
Nog ’n bepaling om na uit te sien is 13 Junie wanneer Middies na Johannesburg reis om teen Gouws se ou skool, Helpmekaar, te speel.
