High SchoolNewsSchools

9 997 het onvergeetlike dag beleef – 3 moeilikheidmakers

Ouers gryp mekaar aan die keel met venynige kommentaar

Daar was tydens Saterdag se derbydag nie net ’n geveg op die hoofpawiljoen nie, maar twee dronk moeilikheidmakers was ook in ’n onderonsie betrokke, nadat hulle gevra is om die terrein te verlaat.
Een is op die grond neergegooi deur ’n oud rugbyspeler, terwyl ’n lid van Hoërskool Middelburg se beheerliggaam sekuriteit en die polisie gekry het om hulle te verwyder.

Die twee mans was onder die invloed en het by van die losies gaan skoor soek.
Intussen het dit aan die lig gekom dat die man wat verantwoordelik was vir die geveg op die hoofpawiljoen ’n ou moeilikheidmaker is. Daar is aan die Middelburg Observer gesê dat hy ’n “gewoontemisdadiger” is.

Drie toeskouers het die dag ’n kleur gegee wat dit nie was nie.
Selfs Radio Jacaranda het oor die geveg berig.
En soos gewooonlik het lesers gal gebraak.

Manie Reyneke
Die groot probleem wat ons vandag in skole sport het, is die ouers van sommige kinders. Ouers hardloop langs die sportveld op en af, en skreeu instruksies vir hulle kind. Stop daardie vieslike gedrag. Die kind neem deel aan die sport, en doen of speel soos wat hulle afrigters sê. Te veel ouers in die pawiljoene wil afrigters wees, en dan weet hulle nie eers hoe die spel gespeel moet word nie. As jy iets weet van die spel, of atletiek, gaan sien die skoolhoof, wys hom jou CV, en vra of jy kan help met die skool se afrigting. Dit is ’n verleentheid vir jou kind, sy skool, en jou woonbuurt as jy jou soos ’n hooligan gedra.

Stephané Celliers
Dis omdat skoolsport die middelpunt is van ouers se lewe…

Sue de Beer
Swak gedrag!!

Markus Visagie
Lekker om daar te gaan rugby kyk. Meer sport onder die ouers, as die kinders. Brakpan nommer twee.

Annatjie van Rooyen
Swak voorbeeld vir die kinders?

Piet Wienand
Lyk eerder na sokkerboewe!

Wouter van der Merwe
Goed om te sien dat Middelburg nogsteeds nie verander het nie.

Carike van Wyk
Die kinders wat vloek, skel en baklei is skuldig. Maak nie saak van watter skool jy is nie. Dis nie die skole se skuld nie. Opvoeding begin tuis.

Johan Uysel
MHS julle kan super trots wees! Hierdie Tannies wat nie ’n goeie woord vir julle het nie, wys hul swak karakter en opvoeding.
As jy niks goed kan sê nie, bly liewer stil Mevrou. Die Middies bly nederig na hul weghol oorwinnings, dit getuig van klas en goeie maniere. Middies se akademie, kultuur en sport is tops – dit getuig van harde werk, dissipline, goeie afrigters en onderwysers. Die uitslae praat!

Yolandé Delport
It’s honestly fascinating how deeply bothered some people are by MHS improving its facilities and doing well in sport. According to some comments, we apparently have no manners, buy players, worship money, and are basically the downfall of education itself.

And yet… despite MHS being so terrible, so “scruff”, so badly behaved and so beneath everyone else… people seem very invested in what we do. The reality is simple: Parents worked hard, sponsors contributed, old pupils stayed involved, and facilities were upgraded for the benefit of the children. That’s not “buying success”- that’s community support. The upgrades at MHS didn’t appear overnight because of “buying players”. Every big derby has emotional parents, heated moments and teenagers acting like teenagers.
Anyway… well done to all the learners who gave their all this weekend. The results spoke for themselves.

René van Lingen
Ag jinne hoe snaaks is dit dat die ouers van HTS suur druiwe het, is dit dalk omdat hulle kinders se skool die Derby verloor het. Dis nou die skool wat so windgat was Vrydag tydens die optog?

Ivy Rademeyer van Heerden
MHS ek is ’n trotse oudleerling en ouma van ’n kleinseun, wat by julle skoolgaan, rugby en krieket speel. Dankie vir die waardes wat julle ons kinders leer. Dankie dat julle in hom belê vir sy talent. Dankie vir elke onderwyser en afrigter wat hul beste gee vir ’n ander man en vrou se kind. Ek waardeer elkeen van julle. Bou so voort.

Eliouse Horn de Bruyn
Van MHS se ouens het ons kantoor se mense wat buite gestaan en vir hulle gewaai het met die optog, met waterbalonne gegooi, spesifiek na twee van ons dames wie HTS hemde aangehad het.

Elsa van Wyk
10/10 vir positiewe beriggewing!

Julandie du Plessis
Lollosense 3:23 AFR53
[23] En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Wie word vereer deur ons optrede?
Wanneer ons die Here behaag hoef ons nie te wonder wat die optrede of reaksie van mense gaan wees nie want die Koning van alle konings word vereer deur ons optrede.

Die vraag is natuurlik wat van volgende jaar?

Dit is ’n groot jaar waar daar waarskynlik 15 000 mense gaan opdaag, omdat dit HTS Middelburg se eeufees is.
’n Veiligheidskenner, wat verkies om anoniem te bly, sê daar is drie kategorieë vir byeenkomste, laag, medium en hoë risiko.

Politieke byeenkomste is hoë risiko en sportbyeenkomste soos Saterdag lae risiko.
Daar was wel genoeg sekuriteit en polisie teenwoordigheid.

Oral op die terrein was daar kennisgewings wat drankmisbruik en vape op die pawiljoene verbied.
“Jy kan tog nie met 9mm wapens aan die sy en koeëlvaste baadjies by ’n skoolbyeenkoms opdaag nie.”
Hy sê die leerlinge van beide skole het hulle puik gedra maar daar was wel geïsoleerde gevalle waar ouers betrokke was.

Selfs nadat ’n onderonsie tussen die eerstespan spelers uitgebreek het, wat oorgespoel het na die Hoërskool Middelburg pawiljoen, het die leerlinge dissipline aan die dag gelê.

Die probleem is veral oudleerlinge wat onder die invloed by die derby opdaag.
Alhoewel koelhouers deursoek is was daar soos by groot rugby wedstryde wel drank ingesmokkel.
Twee van die mans wat gevra is om die terrein te verlaat is gesien waar hulle “uit ’n plastieksak” drink.
Een van die groot probleme is dat die wedstryd laatmiddag plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button