Rooi televisie toneelstuk
Die NG Gemeente Dennesig vier op 20 Mei hulle 35ste bestaansjaar. Ter viering van dié mylpaal, bied die kerk ’n spesiale toneelstuk, genaamd Rooi, aan.
Die toneelstuk handel oor die bekende vroulike bybelfiguur Ragab.
‘Ragab’ word deur die bekroonde televisiepersoonlikheid Jennifer Myburgh van Die Groot Ontbyt-faam vertolk.
Die geleentheid word aangebied op Donderdag, 22 Mei, om 18:30 by die NG Gemeente Dennesig.
Kaartjies is beskikbaar teen R200 per person en sluit ’n ligte ete in. WhatsApp Mari Niemann by
082 778 3135 vir besprekings en meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!