Siekte trek Middies spelers plat
Rooies pak Montana met oud HTS voorry as hulle afrigter

Dit lyk asof Hoërskool Middelburg derbygriep het.
Soveel van die skool se eerstespan spelers is platgetrek, met siekte, dat hoofafrigter, Christiaan Gouws, nie teen vanoggend kon span kies nie.
Hy sê die vyftiental wat Rustenburg Saterdag pak, sal eers vanmiddag gefinaliseer sal word.
Na sy goeie oorwinning teen Menlopark in die Virsekerbeker sal die span wil voortbou op sy sukses.
Volgens die nuutste Fairtree ranglys is Menlopark 21ste en Hoërskool Middelburg maar 61ste.
Rustenburg teen wie Middies Saterdag speel is 37ste op die ranglys.
HTS Middelburg is 49ste.

Die Rooi Bulle speel tuis teen Montana wat 59ste is.
Motana se voorspeler afrigter is die oud HTS Middelburg voorry, Jacques Muller.
Jano Venter het reeds sy span gekies om die Pretorianers om 13:40 te pak.
Middies se afskop is om 12:45.
HTS Middelburg
Cornelius Erasmus, Fourie Joubert, Wynand Cronje, Nathan Jansen van Vuuren, Owen Mngomezulu, Ruan Janse van Vuuren, Ruan Pienaar, Regard Blake, Andrea de Wet, Jayden Olds, Ruben Kruger, Max Venter, Uzile Mathelela, Jade Stimie, Carlo Joubert. Plaasvervangers: Zikhona Mathibela, Ruben Jooste, Edward Elmes, Ethan Versfeld, Tiaan Grobler, Dante Lubbe, Ruwan Graaff, Marinus Enslin.
