Vir 16 putjies het die jong Aldrich Potgieter die beste gholf van sy loopbaan gespeel en sy naam het op -5 in die nommer een posisie in die PGA kampioenskappe gepryk.
En toe kom die laaste twee putjies waar hy houe afgestaan het en teruggesak het na -3.
Dit is sy eerste PGA kampioenskappe en sy laagste rondte gholf wat hy nog by enige major gespeel het.
Hy het ook die tweede jongste speler geword om die PGA kampioenskappe met ’n 67 of beter te begin.
Sy tweede rondte het twee voëltjies en die twee brouhoue ingesluit.
Hy is net een hou agter Alex Smalley en Maverick McNealy.
’n Groot groep spelers is saam met die 21-jarige Potgieter op -3 waaronder Chris Gotterup, Stephan Jager, Min Woo Lee, Max Greyserman en Hideki Matsuyama.