Lekker! Middies is die Titans kampioene. FOTO: Verskaf.
Vatso! Wie het gesê plattelandse skole kan nie op die hoogste vlak presteer nie? Die “Young Guns”, ’n Hoërskool Middelburg span, het gister die mans ope Titans Daisy Beker gewen. Die Daisy Beker is ’n T20 Titans toernooi wat die afgelope maand gespeel is met die eindstryd gister. Dit is die eerste keer wat die toernooi aangebied word.
Die Middies Young Guns. Agter: Gavin Genis, Herman Potgieter (Kaptein), Shaun Neethling (Afrigter), Conrad Viljoen (Afrigter), Colin van Staden (Afrigter), Hendré Nel, Eduan Strydom. Voor: Ricardo Ras, Daryl Chirumetsikwa, Juanru Brazelle, Wilré Cilliers, PJ van der Merwe, Fredrik Boshoff, Janic Swart, Nijan Swart, Denis Munteanu. FOTO: Verskaf.
Daar was ook afdelings vir vanaf o/9 tot o/16 met die span in groen wat die mans ope gewen het.. Middies was in die eindstryd met agt paaltjies teen TUT baas op die Titans se heiligdom, SuperSport Park. Hoërskool Middelburg se krieket het die afgelope paar jaar met rasse skrede verbeter, met top fasiliteite en ’n entoesiastiese afrigter in Shaun Neethling.
Middies se naam flits op die Titans heiligdom, SuperSport Park. FOTO: Verskaf.
Die visie wat die skool se beheerliggaam gehad het, het die afgelope twee jaar ’n hoogtepunt bereik, met Hoërskool Middelburg wat nie net ’n krag in Mpumalanga is nie, maar in Suid-Afrika.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.