High SchoolNewsSchoolsSport

Winde van verandering waai by Hoërskool Middelburg

Skool soek nuwe sporthoof, Pumas soek nuwe afrigter

Die winde van verandering waai by Hoërskool Middelburg.
Nadat die eerstespan afrigters vervang is, soek die skool ook nou ’n nuwe sporthoof.
Die jarelange afrigters, Buks Botha en Apie Human, is na ’n paar wedstryde die trekpas gegee.
Hulle het vanaf die 0/14 dae af ’n pad saam met die huidige eerstespan gestap.

Die nuwe rugbyhoof, Christiaan Gouws, rig nou die span af met die hoof, JJ Hennop, wat in beheer is van die lynstane, die jong Tiaan Henderson hanteer die voorspelers en Coené Nolte is die tegniese adviseur.
Die sporthoof, Nolte, het ook intussen bedank.

Nathan Jansen van Vuuren op pad vir ’n monster drie teen die Valke. FOTO: Tobie van den Bergh.

Pos word tans geadverteer

Nolte sluit hom by Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal aan.
Hy is ook die huidige Puma Cravenweek afrigter, maar verhuis na Limpopo en sal ook by die provinsiale span vervang word.
Sy pos word tans deur die skool geadverteer.

Puma Cravenweek afrigter

Die hoërskolevereniging voorsitter, Piet Bothma, het gesê die pos as Puma Cravenweek afrigter sal na die vakansie geadverteer word. Eers daarna sal ’n aanstelling gemaak word.
Nolte is een van die provinsie se top afrigters en is ’n groot aanwins vir Ben Viljoen, maar ook vir Limpopo. Die oud Mpumalanga skeidsregter, Excellent Mnkomo, is ook lid van die Ben Viljoen personeel.

  • Intussen gaan die Cravenweek senter wat gister beseer is, Nathan Jansen van Vuuren van HTS Middelburg, vandag vir ’n skandering in Pretoria om die aard van sy kniebesering vas te stel. Hy vorm ’n belangrike deel van die Puma span se aanvalle en daar word gehoop hy sal betyds herstel vir die Cravenweek wat vanaf 5 tot 11 Julie by Hoërskool Grey in Gqeberha aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button