KYK: Skool skaar hulle agter Boepens
Help asseblief! Veldtog geloods om beseerde speler met operasie te help
“Help asseblief vir Boepens!”
So het HTS Middelburg leerlinge vanoggend gevra, nadat hulle gewilde spanmaat, Nathan (Boepens) Jansen van Vuuren Dinsdag ’n ernstige kniebesering opgedoen het.
Daar kan net na die BackaBuddy webblad gegaan word, tik die naam Nathan Jansen van Vuuren in, waar bydraes gemaak kan word.
Sy knie moet geopereer word
Op die webblad word gesê:
“Nathan Jansen van Vuuren Vuuren is ’n belowende rugbyspeler vir HTS Middelburg. Hy speel vir die eerstespan en is beseer tydens ’n wedstryd in die Pumas Cravenweekspan teen die Valke. Hy speel ook rugby vir Supersportskole.
“Nathan het ongelukkig nie mediese versekering nie. Die besering aan sy knie moet geopereer word en die prosedure sal R150 000.00 kos.
“Nathan se familie, vriende en afrigters sal enige skenkings om my seun te help, baie waardeer.”
Besonderhede
Nathan se rugbyafrigtersbesonderhede:
Deon van Straaten 073 233 4073.
Jano Venter 082 372 7933.
Nathan is onder sy spanmaats bekend as Boepens.
- Hoërskool Middelburg het reeds onderneem om R10 000 by te dra.
