News
Foto’s: Muller Potgieter onstuitbaar teen Primary
Drieë loop soos stroop toe twee skole mekaar op rugbyveld pak.
Hoe keer jy’n wegholtrok teen Kranspoort af?
Middelburg Primary het Donderdag nie raad gehad met Laerskool Middelburg se Muller Potgieter nie.
Die groot voorspeler was onstuitbaar in die eerstespan se 50-7 oorwinning.
Primary het nooit opgegee nie en tot die einde geveg, maar die oormag was net te groot.
Teen rustyd was Primary se o/9 A-span nog voor, maar het uiteindelik met 27-14 verloor.
Ander uitslae is Laerskool Middelburg eerste genoem:
- o/10 A 41-5.
- o/11 52-10.
- o/13 C 37-7.
- o/13 B 48-10.
- o/13 A 50-7.








At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
