Pumas kies flank op slot vir Cravenweek
Middies goed verteenwoordig met nege spelers
Die Puma Cravenweek keurders het verras deur die HTS Middelburg flank en kaptein, Andrea de Wet, op slot te kies.
Die o/18 Cravenweek word vanaf 5 tot 11 Julie by Grey Hoërskool in Gqeberha aangebied.
Hoërskool Nelspruit se Riaan Botha moet die beseerde Nathan Jansen van Vuuren se plek op senter volstaan.
Jansen van Vuuren het ligamente in sy knie beseer en is vanoggend geopereer.
Hoërskool Middelburg se voorry van Dewald du Toit, Ryan Blake en Melchior van Niekerk, is net so vir die span gekies.
Hoërskool Middelburg het nege spelers in die groep, Nelspruit sewe en HTS Middelburg drie.

Puma Cravenweek span
Rhandzu Nyumba, (Nelspruit – NHS), Kgontse Mkhabels (NHS), Banele Masilela (MHS), Riaan Botha (NHS), Fisokhule Shabalala (Piet Retief), Ewan van der Merwe (NHS), Kamo Monkwe (NHS), Vian Louw (NHS), Menzi Siyaya (MHS), Siphesihle Marule (Uplands), Sifiso Hlungwane (MHS), Andrea de Wet (HTSM), Dewald du Toit (MHS), Ryan Blake (MHS), Melchior van Niekerk (MHS). Plaasvervangers: Uzile Mathelela (HTSM), Marcel Lindeque (NHS), Lihan de Vaal (MHS), Thubelihle Marule (Uplands),Ruan Pienaar (HTSM), Blake Faber (MHS), Buhle Mphahlaza (MHS).
