News

Senter is suksesvol geopereer

Bedank gemeenskap wat bydraes gelewer het uit sy hospitaalbed.

Nathan Jansen van Vuuren is vanoggend suksesvol in die Eugene Marais Hospitaal geopereer.

Die groot HTS Middelburg senter het ’n ernstige kniebesering opgedoen, tydens die wedsttyd tussen die Pumas en Valke se Cravenweek spanne drie weke gelede.

Omdat hy nie ’n mediesefonds het nie, is R150 000 benodig vir die operasie.

@middelburgobserver

Die Puma Cravenweek en Rooi Bulle senter, Nathan Jansen van Vuuren, is vanoggend suksesvol in die Eugene Marais Hospitaal geopereer. #Middelburg #hts

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Mense het van heide en ver hand in die sak gesteek, sodat hy geopereer kan word.

Binne ’n week is meer as die benodigde bedrag bymekaar gemaak.

Nathan het die gemeenskap, sy skool en Middelburg vanoggend uit sy hospitaalbed bedank.

Hy word vandag ontslaan waarna hy met rehabilitasie sal begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button