News

KYK: Waarom is Flippie se broek so groot?

Laerskool Middelburg kry sy eerste amptelike gelukbringer.


Phillip (Flippie) du Plessis was nooit Laerskool Middelburg se eerstespan gelukbringer nie.

Maar Flippie se hart het gebrand om betrokke te wees.

Wanneer die eerstespan op die veld draf, het hy met verlangende oë gestaar.

Flippie tydens halftyd.
Flippie du Plessis luister grootoog wat Laerskool Middelburg se afrigters rustyd sê. FOTO: Tobie van den Bergh.

Flippie met sy kort beentjies.

Maar toe speel die Koedoekoppe verlede week teen Middelburg Primary.

Flippie wou graag die span se gelukbringer wees, maar hy het geweet die ligawedstryd is ernstige sake.

Wat sou “Meneer” sê?

Die span se losskakel, Nicus van der Merwe, het Flippie aangemoedig om voor te draf.

Die enigste probleem was ’n broek.

@middelburgobserver

Laerskool Middelburg se eerstespan gelukbringer, Phillip (Flippie) du Plessis staan en wag dat ‘n speler die bal oorskop na ‘n drie. Flippie is altyd op sy pos op of langs die veld as die Koedoekoppe uitdraf.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Waar kry jy so vinnig ’n broek wat pas?

Die enigste witbroek wat geleen kon word was heeltemal te groot vir Flippie.

Wannneer jy jou skool se eerstespan gelukbringer wil wees keer niks jou nie.
En daar draf Flippie op die veld met ’n kort-langbroek.

“Meneer” het die seuns laat begaan; en net daar is ’n gelukbringer gebore; Phillip du Plessis, Laerskool Middelburg se amptelike eerstespan gelukbringer.

Dinsdag tydens die wedstryd teen Laerskool Kanonkop het Flippie voor gedraf met ’n glimlag so groot soos daai broek.

Hy het pure hanswors wawiele gemaak en rustyd grootoog in die kringetjie na Meneer Darius (Botha) geluister.

Flippie du Plessis hardloop met sy groot broek om Laerskool Middelburg se eerstespan op die veld te lei teen Middelburg Primary. FOTO: Tobie van den Bergh.

Wanneer Nicus van der Merwe pale toe aangelê het, het sy kort beentjies vinnig met die skopkelkie opgehardloop.

Natuurlik het grootbroek Flippie, nou ’n nuwe broek…

Een wat pas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button