News

Geliefde ontvangsdame skielik oorlede

Man, seun en vrou sterf twee jaar uitmekaar

Die geliefde ontvangsdame wat vir 26 jaar by Leon van den Berg Prokureurs (Voorheen Van den Berg en Koekemoer) gewerk het, is oorlede.
Clara van Niekerk (77) het by haar seun, Nicky, se huis in Somerset Wes geval en daarna ’n beroerte gehad. Sy het die afgelope jaar by Nicky gewoon.

Voor die val was sy gesond.
Nicky sê hy was vir vier dae met sakebelange weg van die huis af, toe sy ma geval het.
Na die beroerte het sy ook ’n bloedklont deur haar brein gehad.
Sy is met ’n ambulans na die Tygerberg Hospitaal geneem en later oorgeplaas na die Helderberg Hospitaal, wat nader aan Somerset Wes is.

Reinhardt van Niekerk en sy ma Clara. FOTO: Verskaf..

Nadat haar toestand versleg het, is besluit om behandeling te staak.
“Ek het reeds gereël dat hospice haar verder versorg. Die dokter het later gebel en gesê dat my ma wakker is en ontbyt eet. ’n Uur later is sy oorlede,” se Nicky.
Clara is twee jaar na haar seun Reinhardt (45) se dood oorlede.

Haar man, die Springbok snoekerspeler, Nick van Niekerk, het weer twee jaar voor sy seun gesterf.
Reinhardt is deur ’n Rovos-trein getref, naby die Rondeboch kleinhoewes in Januarie 2024.
Hy het op die treinspoor gelê, nadat hy vroeër die aand by sy ma se huis naby die spoorlyn weg is.
Behalwe vir Nicky laat Clara ook vier kleinkinders agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button