News

Rig ’n standbeeld op vir hierdie afrigters

"Get your dignity back" en toé speel hulle.

Ai tog, foeitog!

Daar is standbeelde vir Naas Botha en Dok Danie Craven.

Die ouens wat eintlik ’n standbeeld verdien, is kaalvoet rugby afrigters.

Hê simpatie met hierdie manne.

Om iets in ’n negejarige se kop te kry, wat net wil jôl, is byna onmoontlik.

Die geduld, entoesiasme, passie en veral energie, van die afrigters is aansteeklik.

Renier Harmse praat ernstig met sy kaalvoet spannetjie.
Renier Harmse praat ernstig met sy kaalvoet spannetjie. FOTO: Tobie van den Bergh.

Maar dit is veral die nuwe wêreld wat verstommend is.

Wil nie die woord noem wat politici so lustig gebruik nie, dit is deesdae ’n skelwoord.

Net diegene wat in daai tyd grootgeword het sal verstaan.

Hier voor 1994 het ’n inwoner van Mhluzi een aand by die Middelburg Rugbyklub se kroeg opgedaag.

Die spelers wou hom oortuig om rugby te speel.’

Hy het net sokker geken, Kaizer Chiefs en Orlando Pirates.

“No, no, no, it’s a tough game,” het hy vasgeskop.

Nou is dit spesiaal om te hoor hoe praat afrigters in Afrikaans, Engels, “Zulu” en soms in vreemde tale.

Laat waai die Afrikaanse onnie van Primary “gijima, gijima”.

Dinsdag praat die Laerskool Kanonkop onnie gelyktydig in drie verskillende tale.

@middelburgobserver

Primary school rugby coaches are a special breed, and Middelburg is lucky to have a large pool of upstanding men the town’s boys can look up to.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Elke tweede fris haker of voorry is Ox of Beast.

Nie Os nie, Ox!

Daar is selfs Dinsdag “ge-Beééaast…”.

Ai en soms is die afrigters ook trooster, pure Mamma.

Laerskool Middelburg het die jaar wille spanne.

Elke keer wanneer die telling hoog raak, het van die ander spanne se trane geloop.

“Meneer”, wat netnou so kwaai was, moes dan maar troos.

Dit was so mooi.

Toe Primary se o/13 A-span al ver agter is, het hulle afrigter, Willem Ludeke, die seuns onder die pale bymekaar gekry.

“Go and get your dignity back,” was sy advies, in hierdie verlore stryd. En toe jôl hulle!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button