Mandy Blunden het Sondag die Durban Ironman saam met haar twee kinders voltooi. FOTO: Verskaf.
Wat ’n voorreg! Hoërskool Middelburg se Mandy Blunden het gister (Sondag) die Durban Ironman saam met haar twee kinders voltooi.
Divan van der Westhuizen sal onthou word vir sy heldedade as heelagter van Middies maar durf deesdae Ysterman kompetisies aan. Hy is ’n onderwyser by Steelcrest High School. Sussie Mashé Hattingh is die derde lid van die familie wat die Durban Ironman voltooi het.
Divan van der Westhuizen, Mandy Blunden en Mashé Hattingh. FOTO: Verskaf.
Die Isuzu Ironman 70.3 Durban dek ’n totale afstand van 113 km (70.3 myl). Die geleentheid is verdeel in drie opeenvolgende dele: ’n 1.9 km (1.2 myl) swem in die Indiese Oseaan, ’n 90 km (56 myl) fietsrit langs die M4-hoofweg, en ’n 21.1 km (13.1 myl) hardloop langs die Durban-strandfront. “Ons het al drie klaargemaak. Ons is seer en het baie blase en blou toonnaels,” het Mandag Sondagaand gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.