NewsSport

Marinus speel eerste wedstryd vir Bulle

Vier Rooi Bulle gekies om Namibië en Zimbabwe te pak

Die gewese HTS Middelburg eerstespan rugbyspeler, Marinus Oberholzer, het sy eerste wedstryd vir die Blou Bulle gespeel.
Hy is ook nou saam met drie ander HTS Middelburg oudspelers vir ’n Bulle o/20 span gekies.

Hanro Terblanche, Ethan de Kock en WJ Enslin is gekies vir ’n groep wat twee wedstryde teen Zimbabwe en Namibië sal speel.
Hulle was almal deel van die 2024/25 Rooi Bulle-span wat die Noordvaal-plaatafdeling twee jaar na mekaar gewen het.

Die span gaan ’n reeks internasionale ontwikkelingswedstryde speel teen Namibië en Zimbabwe.
Die Namibië o/20, Zimbabwe o/20 en Zimbabwe Lady Sables – gaan teen Blou Bulle-geaffilieerde spanne te staan kom, insluitend die Blou Bulle President o/20, Limpopo o/21 XV en Bulls Daisies.
Wedstryde sal in Modimolle en Pretoria plaasvind.

Oberholzer is deel van die IRI HP Rugbyprogram wat in sy gelukwensinge gesê het “by IRI is ons daartoe verbind om spelers te ontwikkel deur elite-afrigting, hoëprestasie-opleiding en die regte omgewing”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button