Daar sal Vrydag, 12 Junie, afskeid geneem word van Bernard Botha, die Columbus bestuurder wat op 29 Mei in die Oos Kaap oorlede is.
Botha is in ‘n motorfiets ongeluk in Gqeberha dood tydens ‘n vakansie.
Hy was die besigheidseenheid-bestuurder van die rou metriale en die staaleenleg ten tye van sy dood.
Die troosdiens vind Vrydag om 11:00 by die NG Suidkerk plaas.
Daarna sal daar beweeg word na die Old Goats Pub by plot 403 Rondebosch, waar Botha se lewe gevier sal word.
Hy laat sy vrou Pauline en hul twee kinders Christian en Carlo agter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
