High SchoolNewsSchoolsSport

Woede nadat op speler geduik is in doelgebied

Video op sosiale media laat die tonge klap

Terwyl sommige ouers van Dr EG Jansen van Boksburg spog dat hulle op die gevegsfront beter is as die hokvegter, Dricus du Plessis, is daar woede onder ander ouers. ’n Video wat tans op sosiale media versprei word het die pot laat oorkook.

Dit wys hoe daar op ’n speler van Hoërskool Middelburg geduik word nadat hy ’n drie gedruk het.
Die video eindig met die Hoërskool Middelburg speler wat op die grond krul van die pyn.

Tydens die wedstryd teen HTS Middelburg het een van die Dr EG Jansen spelers ’n rooi kaart gekry, nadat die senter, Nathan Jansen van Vuuren, by ’n losskrum so erg geloop is, dat hy met ’n draagbaar van die veld gehelp en met ’n ambulans hospitaal toe gehaas is.
Sy sentermaat, Jacques Greyling, is so geduik dat sy milt geskeur het.
’n Geneesheer het later gesê die besering was so gewelddadig dat dit met ’n karongeluk vergelyk kan word.

Hoërskool Middelburg rugbyhoof, Christiaan Gouws, het gesê omdat die skuldige speler in die doellyn voorval nie ’n kaart gekry het nie, kan hulle nie verder optree nie.
“Ons kinders se veiliheid is belangrik vir ons. Daar was geen kaart nie so ons kan nie appeleer nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button