
Dit was nie die uitslag wat die Pumas wou hê nie.
Die span van die Laeveld het in sy eerste Toyota Uitdaagbeker wedstryd met 46-36 teen die Black Lions van Roemenië vasgeval.
Die Toyota Cheetahs het met 54-24 teen Lusitanos van Portugal gewen en die Suzuki Griekwas was met 35-20 teen Roemenië baas.
Die spanne speel almal weer more (Woensdag) in Bloemfontein.
13:30 Suzuki Griekwas vs Black Lions.
15:30 Airlink Pumas vs Lusitanos.
18:00 Toyota Cheetahs vs Roemenië.
Die laaste wedstryde word op 14 Junie beslis.
12:00 Suzuki Griekwas vs Lusitanos.
14:00 Airlink Pumas vs Roemenië.
16:30 Toyota Cheetahs vs Black Lions.
Afrigter Jimmy Stonehouse het verskeie veranderinge aan die span aangebring vir die stryd teen Lusitanos.
Pumas
Andrew Kota, Dalvon Blood, RD Engelbrecht, Clinton Swart, Tino Swanepoel, Danrich Visagie, Raegan Oranje, Marvelous Mashimbyi, Andre Goedhals, Andre Fouche (k), Miyelani Ngobeni, Patrick Kitete, Bryan le Roux, Simon Westraadt, Etienne Janneke. Plaasvervangers: Chyle van Zyl, Stephan de Jager, Junior Banda, Stephan Krugel, De Wet Marais, Russwill Fredericks, Troy Delport, Alfondso Isaacs.
