News

Soos seuntjie in speelgoedwinkel

Argiewe vertel dorp se geskiedenis bladsy vir bladsy

“Ek is soos ’n seuntjie in ’n speelgoedwinkel.”
Die voorsitter van Middelburg Erfenisvereniging, Rudi van Wyk, gaan delf gereeld in die Middelburg Observer se argiewe.
Die eerste uitgawe het in 1903 verskyn, 123 jaar gelede.
Hy raak so opgewonde soos ’n klein seutjie wanneer hy op nog ’n interessantheid afkom.

Begin krap in ander koerante

“Ek gaan gewoonlik argiewe toe om inligting oor ons dorp se geskiedenis te bekom. In die meeste van die gevalle kry ek waarna ek gesoek het, maar dan raak ek soos ’n seuntjie in ’n speelgoedwinkel en begin krap in ander koerante. Die een ding lei tot die ander!” vertel hy.
“Die gedrukte koerant is darem net baie lekkerder as die elektroniese koerante.
“Dit was sommer hoendervleis lekker om een van die eerste uitgawes van die Middelburg Observer te kon vashou en deur te blaai.”

Hy sê die argiewe is ’n ongelooflike bron van inligting oor ons dorp se geskiedenis, skole se ontstaan en groei, die ontwikkeling en groei van sport en gesondheidsorg in die dorp en feeste wat jare gelede gehou is.

Dorp se heel eerste vroulike polisielede

“Behalwe geskiedenis artikels lê die geskiedenis van ons dorp se polisie en fietsry my na aan die hart. Ek het onlangs op ’n interessante artikel, gepubliseer in 1974 afgekom, oor ons dorp se heel eerste vroulike polisielede en dan natuurlik oor geadverteerde fietswedrenne van vroeg in die 1900’s.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button