NewsPrimary School

KYK: Almal is lief vir wie?

Flippie word oornag ’n internetsensasie

Everbybody loves Raymond? Nee man, almal is lief vir Philip du Plessis, alias Flippie.

Die Laerskool Middelburg eerste rugbyspan gelukbringer het oornag ’n internetsensasie geword.

Sedert die Middelburg Observer drie weke gelede oor Flippie, soos sy spanmaats hom noem, berig het, het ander media soos vlooie op ’n hond se rug gespring, op die storie.

Laerskool Middelburg se Flippie. FOTO: Tobie van den Bergh

Verskeie ander webblaaie het intussen oor die Koedoekop gelukbringer berig.

Intussen is die video wat die Middelburg Observer die eerste keer geplaas het, reeds 136 100 keer gekyk.

Lesers het reageer met kommentaar soos “dankie Flippie vir jou groot hart”, ”blêrrie smart”, “wat ’n yster”, “groot respek vir die bestuur wat Flippie deel maak van die span” en “mooiste seuntjie met die mooiste hart”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button