News

KYK: Laerskool Middelburg is goud, pure goud

Twee goud, een silwer en een brons vir die Koedoekoppe.

Laerskool Middelburg het een van sy grootste hoogtepunte in sy meer as 120 jaar bestaan beleef, toe twee van die skool se rugbyspanne as Mpumalanga kampioene gekroon is.

Die o/10 span het goud gewen met ’n 17-10 oorwinning oor Laerskool Staatspresident CR Swart.

Die spannetjie saam.
Die o/11 span met hulle trofee as Mpumalanga wenners. FOTO: Tobie van den Bergh.

Die o/11 span het in ’n klipharde kragmeting teen Bergland met 7-0 gewen.

Boonop het die o/9 span die silwer medalje ingepalm, naday hy met 5-17 teen Nelspruit in die eindstryd vasgeval het.

@middelburgobserver

VIDEO: Daar is hard gespeel, daar is gehuil en daar is gebid nadat Laerskool Middelburg se o/11 span die Mpumalanga liga teen Bergland gewen het.#mpumalanga #middelburg #middelburgobserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die eerstespan het na sy nederlaag teen die eintlike kampioene, Goedehoop, vergoed deur Klipfontein met 22-7 te klop.

Goedehoop het Nelspruit se eerstespan in die eindstryd van die grootskole geklop.

Die span saam ondersteuners.
Ouers, afrigters, die skoolhoof en ondersteuners, saam met die o/11 A-span van Laerskool Middelburg. FOTO: Tobie van den Bergh.

Die hoof van Laerskool Middelburg, mnr. Gerrie van der Merwe, het gesê “dit was twee groot dae vir die skool. Ons is nederig dankbaar.”

Die uitspeelwedstryde het gister by Hoërskool Middelburg plaasgevind en die eindstryde vandag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button