Puma ondersteuners het die afgelope twee weke verskeie nuwe name gesien wanneer afrigter Jimmy Stonehouse span gekies het vir die Toyota uitdaagbeker in Bloemfontein.
Die span wat Roemenië vanmiddag om 14:00 pak, het spelers soos Tian Vorster, Troy Delport en Zukisa Sali, wat nie in die SA Beker uitgedraf het nie.
Die Pumas is tans derde op die uitdaag punteleer met die Cheetahs en Griekwas die twee voorste spanne.
Roemenië is in die vyfde plek.
Na die wedstryde in Bloem word die reeks in Oktober in Tbilisi, Georgië, voortgesit.
Griekwas speel om 12:00 teen Lusitanos van Portugal, die Cheetahs speel teen Black Lion.
Pumas:
Jaycee Nel, Lundi Msenge, Sango Xamalashe, Troy Delport, Alfondso Isaacs, Nevaldo Fleurs, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht, Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers (k), Tian Vorster, Zukisa Sali. Plaasvervangers: Kudzwai Dube, Jordan Mcloughlin, Junior Banda, Stephan Krugel, De Wet Marais, Darren Adonis, Wian van Niekerk, Clinton Swart.
