News

Wedloop was dalk goeie medisyne vir Irvette

Liefling van Loskop derde in Comrades.

Die Loskop marathon wenner van 2025 en 2026, Irvette van Zyl, het ’n skitterende derde plek in die 2026 Comrades marathon losgehardloop.

Van Zyl het die Loskop rekord op 25 April 2026 verbeter van 3:14.37 na 3:13.45.

Dit was kort nadat sy erg gesukkel het met krampe in die Twee Oseane wedloop.

Die ontspanne atmosfeer van die Loskop en die uitdagende roete met sy lang afdraende Kranspoort af en Varaday Hill se sweet-sweet die bult uit, was net die regte medisyne vir die Hollywood Atletiekklub atleet.

Sy het konserwatief begin en lank gewag voor sy op die einde toegeslaan en tot ’n podiumplek gehardloop het.

Die Liefling van Loskop het met haar rekordpoging die jaar R15 000 ekstra in die sak gesteek, saam met die R15 000 wat sy as Loskop Marathon wenner ontvang het.

Gerda Steyn het die Comrades in ’n rekordtyd  van 5:44:53 gewen, met Nobukhosi Tshuma tweede in 5:53:36, en Van Zyl derde in 6:02:30.

Steyn het sowat R2,3 miljoen in totaal vir haar rekordpoging verdien.

Die eersteplek wen R925,000, tweede R464 000 en derde plek R334 000.

Verskeie bonusse word uitbetaal.

Die oud Afrikaans Hoër Seunskool leerling, George Kusche, gaan ook meer as R2 miljoen in die sak steek, met sy rekord van 5:15:56.

Piet Wiersma was tweede in 5:19:36.

Daarna volg Mbuti Mollo 5:21:31, Alex Milne 5:22:29, Haruki Okayama 5:24:46, Charles Lawrence 5:27:08, Lloyd Bosman 5:28:53, Nikolai Volkov 5:28:59, Vasilii Korytkin 5:28:29, Tebogo Pulusa 5:29:40.

Vroue uitslae top tien: Gerda Steyn 5:44:53, Nobukhosi Tshuma 5:53:36, Irvette van Zyl 6:02:30, Shelmith Muruiki 6:06:38, Naomi Robinson 6:07:55, Loveness Madziva 6:09:54, Courtney Olsen 6:11:20, Dikiledi Majara 6:12:29, Jenet Mbhele 6:13:08, Carla Molinaro 6:14:04.

Robert Mtshali Van Middelburg Marathonklub het die Comrades in 09:40:20 voltooi en Samson Vilakazi het ’n silwer verower met ’n tyd van 07:06:42.

Ander Middelburg deelnemers se uitslae is nog nie bekend nie.                                              

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button