Wendy Dippenaar het een van die beste prestasies ooit van ’n plaaslike atleet behaal, sedert Johan Oosthuizen en Deon Holtzhausen se goue medaljes, deur ’n derde plek in haar ouderdomsgroep tydens gister se Comrades marathon los te hardloop.
Sy was net drie minute agter die tweede plek deelnemer in die ouderdomsgroep 60 tot 69, Louisa Goosen. Goosen se tyd was 9:37:23 en Wendy het in 9:40:20 klaargemaak.
Die wiskunde onnie, Sanet Griesel, was 10de in haar ouderdomsgroep in ’n tyd van 8:31 uit 597 deelnemers.

“Dit was kliphard maar die ervaring was ongelooflik. Op die einde het dit gevoel soos die wêreldkampioenskappe in Kona soos die toeskouers ons langs die pad ondersteun het. Die laaste vier kilometer was die mense bankvas aan altwee kante van die pad en hulle het ons so aangemoedig dat ek emosioneel tranerig was.
“Ek het maar gestoei, 10 weke van hardloop na die Cape Epic was te min vir Comrades,” het Sanet gesê.
Daar was ook teleurstelling.

Theuns Luus het nie sy 22ste Comrades klaargemaak nie.
“Dit is die eerste keer dat ek moes stop. Dit is een ding van Comrades, jy moet nie begin as jy nie honderd persent reg is nie. Toe ek op halfpad opgehou het, was my tyd 5:52 maar ek het ontsettend seer gehad. Ek is steeds gemotiveerd vir volgende jaar.”
Sy seun, Theuns junior, het ’n Bill Rowan medalje verower.
Zander Malan kan daarmee spog dat hy sy pa weggehardloop het (grappie). Sy tyd was 11:25:03 en sy pa Jean 11:25:04.
Midack atlete se uitslae is:
- Koos van Wyk, Vic Clapham medalje 11:54:51.
- Retha Strydom, brons 10:35:28.
- Faith Tatenda Maruziva het nie klaargemaak nie.
- Vanessa Haarhoff, Vic Clapham medalje 11:58:18.
- James Faber, Vic Clapham 11:34:00
Middelburg Marathonklub:
- Cedric Campher, brons 10:20:06.
- Keitshokile Herman Sithole, Robert Mtshali 09:57:43.
- Leon Joubert, brons 10:10:34.
- Zander Claassens, Vic Clapham 11:53:58.
- Ryno Edwards, Vic Clapham 11:52:23.
- Celinhlanhla Meshack Sangweni, brons 0:57:01.
- Jean Malan, Vic Clapham 11:25:04.
- Boy Selby Tlou, Vic Clapham 11:15:56.
- Wendy Dippenaar, Robert Mtshali 09:40:20.
- Renier van Jaarsveld, Vic Clapham 11:05:11.
- Audrey Turpin, Vic Clapham medalje 11:56:51.
- Marguerite van Wyk, brons 10:50:16
- Lebeloane Jacob Mmameshi, Robert Mtshali 09:42:19.
- Peter Verster, Robert Mtshali medalje 09:36:40.
- Zander Malan, Vic Clapham 11:25:03.
- Cedric Malaka, brons 10:35:47.
- Samson Vilakazi, silwer 07:06:42.
- Gerhard van Wyk, Vic Clapham 11:12:50.
- Danie du Plessis, Vic Clapham 11:34:20.
- Herman van Niekerk, Vic Clapham 11:24:28.
- Rebone Modipa, Vic Clapham 11:26:48.
- Sannie Uys, Vic Clapham 11:47:30.
Rooies Atletiekklub:
- Theuns Luus, Bill Rowan 08:41:44.