News

Meyerstraat troktragedie: Janeke reeds een jaar weg

As tyd net kon stilstaan...

Dit was gister (Woensdag) presies een jaar vandat klein Janeke Naude ten aanskoue van haar twee broers, in Meyerstaat deur ‘n trok dood gery is.

Haar ouers en broers het die herdenking gebruik om ‘n kruis op die plek waar Janeke dood is, permanent met ‘n stewige sement basis in die grond te plant.

Een van Janeke Naude se boeites besig om die sement aan te maak vir die kruisplanting Woensdag. Foto: Verskaf/Familie

Die kruis wat sedert die tragedie in 17 Junie verlede jaar daar opgesit is, moes gereeld weer staangemaak word weens wind en reën.

Janeke was die betrokke dag agter haar twee boeties op hulle fietse aan, toe die twee seuns die trok sien kom het.

Verskeie familielede en vriende het Janeke se agtste verjaardag herdenk vroeër die jaar, op die plek waar sy dood is.

Die twee seuns het op die middelman gaan staan, maar Janeke wat vermoedelik nie die trok gesien het nie, het verby hulle geskiet.

Dis toe dat die trok haar gestamp het.

Die nuwe kruis. Foto: Verskaf/Familie

Een van haar boeties het haar te hulp gesnel terwyl die tweede, die speke laat sing het terug na hul ouma en oupa se huis, waar hulle minute vroeër ongesiens by die hek uitgeglip het.

‘n Vinnige uitstappie om lekkers te gaan koop en terug te ry huis toe.

Janeke Brink se kissie tyens haar begrafnis. Foto: Gerhard Rheeder

Daar is bevind dat die trok aansienlik onder die 60km spoedperk gery het tydens die ongeluk.

Paneelkamera materiaal wat nie gepubliseer kan word nie, wys hoe die fyn dogtertjie uit die bloute te voorskyn kom.

Die foto van die gebreekte lyfie onder ‘n silwer kombersie voor die trok, met haar gebuigde fiets voor haar, het landswyd harte geruk.

Janeke by haar ma, na wie sy vernoem is. Foto: Verskaf/Familie

Daar is Woensdag ‘n ruk lank by die gewortelde kruis gebid en onthou.

Maar net goeie herinneringe, waar Janeke giggel en dans en tol rondom die kruis.

Sedert die ongeluk is daar nog niks aan die vloedgolf trokke regdeur die dorp gedoen nie, behalwe vir spoedkameras op die Proteastraat kruising.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button