News

SAVF hou konferensie hier

Tannie Issie de Klerk vereer vir jare diens aan organisasie

50 jaar!
Dit is hoe lank Issie de Klerk al as vrywilliger vir die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie werk.
Sy is tydens die Mpumalanga konferensie, wat by die SAVF Ouetehuis op Middelburg gehou is, vir haar diens aan die organisasie vereer.

SAVF hoofbestuurlede by ’n geselligheid waar vrywilligers by Rustique trakteer is. Maria Scholtz (SAVF hoof bemarking), Graeme Peplar (SAVF president), Rentia Kotze (SAVF vise president), Gert de Klerk (SAVF hoof finansies), dr Blanché Verster (SAVF hoof maatskaplike dienste), Adriaan Raubenheimer (SAVF hoof uitvoerende beampte). FOTO: Tobie van den Bergh.

Mnr. Corrie Wolmarans van Hendrina, ’n raadslid van die Steve Tshwete Munisipaliteit, is as SAVF Mpumalanga vise-provinsiale leier verkies.
“Die SAVF Mpumalanga konferensie was ’n reuse sukses – en ’n dag gevul met waardevolle informasie rondom SAVF Mpumalanga se jaarlikse prestasies soos deurgegee vanaf SAVF Nasionale Kantoor asook vanaf die SAVF Mpumalanga fasiliteite,” sê SAVF hoof van bemarking Maria Scholtz.

Karen Botha (SAVF streekbestuurder), Marie Louw (SAVF streekbestuurder), Henriëtte van Staden (SAVF streekbestuurder), Marinus van Dijk (SAVF Mpumalanga provinsiale leier). FOTO: Tobie van den Bergh.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) is ’n welsyns- en kultuurorganisasie wat op 19 Oktober 1904 gestig is. Dit het ontstaan op inisiatief van mev. Georgiana Solomon met die steun van mev. Annie Botha, eggenote van genl. Louis Botha, met die doel om hulp te verleen na die Anglo-Boereoorlog.

Ria Roets (Vise-voorsitter van die Dienskommissie en voorsitter fondsinsameling komitee maatskaplike afdeling. SAVF Middelburg bestuurslid), Henriëtte van Staden (SAVF streekbestuurder), Bernice du Plessis (Bestuurder: SAVF Middelburg Tehuis, SAVF Immergroen, SAVF Hendrina, SAVF Carolina), Corrie Stehring (SAVF Mpumalanga provinsiale admin/finansies). FOTO: Tobie van den Bergh.

Vandag fokus die SAVF op maatskaplike welsyn, bejaardesorg, en gesinsontwikkeling.
Die organisasie het ook ’n geselligheid die aand voor die konferensie by Rustique aangebied, waar vrywilligers onthaal en inligting oor SAVF werksaamhede gedeel is.

Die nuwe SAVF Mpumalanga provinsiale komitee is verkies: Mayrena Ferreira (SAVF Mpumalanga vise provinsiale leier); Corrie Wolmarans (SAVF Mpumalanga vise provinsiale leier); Marinus van Dijk (SAVF Mpumalanga provinsiale leier); Elsa Rautenbach (SAVF Mpumalanga vise provinsiale leier). FOTO: Verskaf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button