Passie, sê vir Rassie Dapper du Plessis soek hom.
Passie Erasmus het veral skole aan die gons.
Maar nou is daar een skoolseun wat dringend sy hulp nodig het.
Philip, alias Flippie, alias Dapper du Plessis, se wense het almal die jaar waar geword.
Hy het Laerskool Middelburg se eerste amptelike gelukbringer geword, vir die eerstspan uitgedraf, ’n medalje verower as derde plek Mpumalanga wenners.
Maar daar is nog een groot wens, hy wil graag vir Rassie Erasmus en die Bokspan ontmoet.
Flippie was nie links nie en het in ’n boodskap, so half senuagtig, vir die Middelburg Observer sy wens gestuur.
Daarin wens hy “coach Rassie” sterkte toe vir vanmiddag se wedstryd teen die Baabaas en vir volgende jaar se wêreldbeker.
Passie Erasmus het mos toegang tot Rassie?
Miskiedn, dalk net miskien, kan hy iets vir die dapper klein gelukbringer reël.
En wie weet, dalk draf Flippie nie net voor vir die Koedoekoppe nie, maar ook vir die Bokke.
Mens mag mos droom?
