News

Wat is die verhaal agter die heldeakker graf?

Daar tussen die ANC kaders lê ’n soldaat wat gesterf het "vir volk en vaderland"

Wie is Floris Cornelius Smit?
Die eensame graf in die heldeakker in die Gholfsig-begraafplaas.
Daar tussen ANC kaders lê hy begrawe.
Nie soos ander grensoorlog helde Rudi Marx en Fly Lombaard wat in die Verdoornstraat-begraafplaas begrawe is nie.

Met die jeugdavieringe wou die Steve Tshwete Munisipaliteit Smit se familie uitnooi.
Maar daar is geen inligting oor hom en sy familie nie.
Net die graf waarop daar staan “vir ons die goeie herinnering sterf jy in troue ootmoet. Ons vir jou Suid-Afrika”.
Bokant sy naam is die woorde “ons geliefde seun en broer”.

Hy is op 11 Desember 1962 gebore en oorlede op 24 Augustus 1981.
Daar is vele vrae.
Waar het Floris Cornelius gesterf?
Wat was die omstandighede?
In watter skool was hy?
Wie is sy familie?
Onbeantwoorde vrae.

Natie du Toit. FOTO: Verskaf.

Theo Ligthelm en Tian Schutte skryf hierdie week in die rubriek oor Middelburg se geskiedenis oor Gert Roets, die 13-jarige krysgevangene: “Na twee maande se lyding sterf Gerhardus Jacobus Roets op 15 Maart 1907. Hy is waarskynlik op die plaas, wat nou ’n myn-area is, begrawe, maar die graf kon nie opgespoor word nie. ’n Tragiese einde vir ’n jong seun op ’n foto, wat die oorlog en krygsgevangenskap oorleef het, om so te sterf.”
Geen graf nie, net herinneringe.

Die Middelburg Erfenisvereniging voorsitter, Rudi van Wyk, het lank gesoek na die graf van Natie du Toit. Die vrou wat met varkore troos gebring het in konsentrasiekampe. Hy het die graf op ’n plaas opgespoor.
“Natie sterf op 25 September 1945 in die Lady Dudley Verpleeginrigting in Johannesburg aan kanker. Sy word langs haar seun, Gerrie, op die plaas Blesbokvlakte ter ruste gelê.”

Maar wat is die storie van Floris Smit se graf?
Van Wyk sê die erfenisvereniging het ook geen inligting oor Smit nie.
Wie weet?
Wie weet wie was Floris Smit?
Laat weet asseblief vir Tobie van den Bergh by 072 220 1568.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button