News

Vergete soldaat met kranslegging onthou

Boek kom oor Operasie Protea

Tydens Operasie Protea was Leon Marais die vegspan bevelvoerder van Delta kompanie.
Die selfde Leon Marais wat later ’n groot rol gespeel het tydens Operasie Modulêr as bevelvoerder van Veggroep Charlie.

Die boek oor Operasie Protea se buiteblad.

’n Boek, “Tenk”, deur Pieter Stoffberg is later oor Modulêr gepubliseer.
Daarin word geskryf “op 13 Oktober 1987 mobiliseer 4 SAI op Middelburg. Die vertrekpunt is tussen 4 SAI se paradegrond en die ammunisiedepot. Al die vegvoertuie wat saamgaan kom daar in gelid bymekaar.”

Kommandant Leon Marais en sy vrou Driesa tydens ’n militêre bal by 4SAI. Op die boonste foto is staf sersant Bossie Boshoff. FOTO: Tobie van den Bergh.

Die selfde Leon Marais met wie ek gereeld onderhoude gevoer en ’n militêre bal by 4SAI bygewoon het.
Nou gaan Operasie Protea ook in ’n boek herleef.

Harry van Staden neem die diens waar in 2023. FOTO: Verskaf.

Luitenant Harry van Staden sê die boek se buiteblad is reeds ontwerp en daar word beplan om dit in Oktober vry te stel.
“Delta Kompanie 1 SAI is in 1981 geoormerk om aan Operasie Protea deel te neem. Ek was toe nog ’n diensplig instrukteur, en was die bevelvoerder van Peleton 1, waarvan Floris Cornelius Smit ’n lid was. Bravo seksie.

“Ons het in Julie aan die einde van ons diensplig uitgeklaar, en hulle is met ’n nuwe leiergroep grens toe. Hulle was deel van ’n vegspan onder kmdt. Dippenaar se Veggroep 20. Smittie en Stapies, skutter Stapelberg, is by Xangongo gedood.’

Kommandant Leon Marais lê ’n krans. Hy was tydens Protea die vegspan bevelvoerder. FOTO: Verskaf.

Hy sê Delta kompanie was ’n baie hegte groep, en is vandag nog boesemvriende en bloedbroers. Een van die lede het ’n 4×4 baan in Kameeldrift (John Rock 4×4) wat herdoop is tot Delta huis. Elke jaar in Oktober kom hulle daar bymekaar.

Die gedenksteen op die dag toe dit onthul is. FOTO: Verskaf.

“Hiertydens hou ons op die Saterdag ’n kort gedenkdiens, waarna ons ’n krans lê. Ons het ’n gedenksteen opgerig by Delta Huis. Met die veertigste herdenking van Protea in 2021 het ons probeer om naasbestaandes op te spoor van al vier lede wat ons verloor het, maar kon net daarin slaag om Stapelberg se broer en Myburgh se suster op te spoor.”

Leon Marais en Harry van Staden. FOTO: Verskaf.
  • Luitenant Van Staden was in diensplig ’n tweede luitenant. Na diensplig is hy by Johannesburg Regiment ingedeel vir sy kampe. Daar het hy aangesluit as vrywiliger, en was van November 1989 tot Julie 2000 bevelvoerder van Johannesburg Regiment met rang van kommandant/lt. kolonel. Daarna ere-kolonel by Alberton Kommando tot die kommando’s toegemaak het. Hy is tans betrokke by Johannesburg Regiment Assosiasie, en die Regiments Room Association wat ’n uitstalling by die Ditsong Oorlogmuseum bedryf.
  • Voorsitter van die Middelburg Erfenisvereniging, Rudi van Wyk, sê hulle beplan om elke jaar op 24 Augustus ’n kranslegging by skutter Floris Cornelius Smit se graf te hou. Dit is die dag waarop hy gesterf het. “Hy verdien om onthou te word. Sy nagedagtenis moet geëer word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button