High SchoolNewsSchoolsSport

Boepens op herstelpad

Beplan om volgende jaar weer te speel

Nathan Jansen van Vuuren se rehabilitasie na sy knie-operasie verloop so goed, dat hy al sonder sy krukke oor die weg kan kom.

Hy het die wedstryd Saterdag tussen die Pumas en Blou Bulle se Cravenweek spanne bygewoon.
Dit is dieselfde Hoërskool Middelburg veld waar hy knieligamente geskeur het in ’n wedstryd teen die Valke se Cravenweekspan.

R150 000 ingesamel

Die geemeenskap het daarna saamgespan en meer as R150 000 ingesamel sodat hy geopereer kon word.
Jansen Van Vuuren sê hy hoop om in Februarie 2027 na die speelveld terug te keer.
Hy gaan ook sy skoolloopbaan by HTS Middelburg voortsit.

“Waar is Boepens?”

Hy is steeds ’n gewilde lid van die Cravenweekgroep al kan hy nie in vanjaar se week speel nie.
Toe daar Saterdag na die tyd ’n spanfoto geneem is wou almal net weet “waar is Boepens?”, “waar is Boepens?”.

Sy bynaam by HTS Middelburg is “Boepens”.
Hy het toe trots saam met die span poseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button