News

Eers was daar Koekie, Duif, Kiet en Kees…

Nou sorg Willie, Bollie, Bismarck en Penny vir die vermaak.

Eers was daar Koekoe, Duif, Kiet en Kees, in die “Sus en Daan”-reeks wat kinders jare gelede leer lees het.

Nou is daar Willie, Bollie, Bismarck en Penny.

Maar anders as Kiet en Kees, wat kinders leer lees het, vermaak Willie en Bollie Kranspoort dorp se inwoners met hulle streke.

@middelburgobserver

Reeks en Video 1 – Ontmoet vir Bismarck, Kranspoort Dorp se bekende kransduif, wat nes gaan skrop het by een van die bosveld-dorpie se huise. Bismarck is egter nie alleen nie en het vinnig vriende gemaak met twee vlakvarke en ‘n koedoe. #Middelburg #Mpumalanga #Kranspoort #Loskop

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Of is dit nou met hulle varkemanewales?

Hulle koedoekaskenades?

Of die duifdans?

Elkeen het sy eie unieke storie.Willie en Bollie is twee vlakvarke, Bismarck ’n duif en Penny ’n koedoe.

Penny se ma is by geboorte dood.

Dit is al 11 jaar gelede.

Die Sus en Daan-reeks het kinders jare gelede leer lees. Grafika: Verskaf.

Willie en Riana Schoeman het die koedoetjie onder hulle vlerk geneem en soos ’n baba vertroetel, tot sy groot was.

Sedertdien is Penny pure mens.

Jimbo Gordon van Pumba’s Den het sy Sondagmiddagslapie geniet, toe hy wakker word met Penny se lang ore hier by sy gesig.

Sy wag nie vir ’n uitnodiging nie en stap ewe kordaat by Pumba’s Den in vir ’n peuselhappie.

Noleene Gordon het geen probleem om haar huis met die vreemde vrou te deel nie.

Om die waarheid te sê, die twee gesels al soos ou vriendinne.

@middelburgobserver

Reeks en Video 2 – Ontmoet vir Penny, Kranspoort Dorp se hans grootgemaakte Koedoe wat oor die jare maats gemaak het met twqee vlakvarke en ‘n duif met ‘n vurige persoonlikheid. #Middelburg #Kranspoort #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Penny is al self ’n ma van 10.

Maar soos in die Sus en Daan-reeks is daar nie net een storie nie.

Om meer te lees van Willie en Bollie se manewales hou die Middelburg Observer se webblad dop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button