NewsSport

Run&Walk for Life het 10

Jonathan maak dit net-net in 2026 Comrades

Dit was 10 uit 10 vir Middelburg se Run&Walk for Life-klub tydens die 2026 Comrades.
Die klub het pas hulle uitslae bekend gemaak en vir sommige was dit naelbyt om betyds oor die wenstreep te kom in Pietermaritzburg.

Jonathan Haarhoff het die afsnytyd net-net gemaak in 11:58:17. Die afsny is 12 ure.
Moeketsu Mofokeng het net so onder die twee minute gehad voordat die skoot geklap het, om die wedloop se einde aan te kondig in 11:57:49.

Jan Naude het ook ’n Vic Clapham medalje losgehardloop, in 11:34:47 een Natasha Joubert was die laaste Vic Clapham wenner in 11:27:00.
Brons medaljes is verower deur die bekende netbal skeidsregter Tharina Opperman in 10:17:50, Yvette Botha in 10:51; 06 en Hendrik Loggenberg 10:55:45.

Bill Rowan medalje wenners was Mziwoxolo Mandita in 8:22:13, Wimpie Botha 8:25;41 en Luke Wilson 8:50:19.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button