News

Dit bbbbb…iberrr …

Middelburg word onder vriespunt wakker

Daar is vanoggend gebibber en gebeef op die dorp.
Soos iemand sê “dit was so koud my skaduwee het geweier om saam met my buitentoe te gaan”.


Tog was daar drie ysbere, PC Nell, Andre Brandmuller en Paul Longuiera, wat half vyf die strate met hulle fietse ingevaar het.
Hulle is deel van die Early Riders.


Die temperatuur was ’n ysige minus vier grade.
Een van hulle fietsrymaats het gou ’n toegevriesde fiets op WhatsApp gesit met die woorde: “Those three are crazy, lets go inside”.


Die Weather Channel het die dorp se temperatuur aangedui as -2 grade.
Die kwik styg laatmiddag tot 19 grade.
Kry die wolkombers uit want dit gaan vanaand bitter koud wees.

Saterdag begin met -3° en styg tot 21°.
Maandag 1° in die oggend en 21° laatmiddag.
Die res van die week is warmer met gemiddeld 22° maar met koue oggende.
Saterdag val die kwik weer tot 15°.
Volgende week en Sondag raak dit warmer met 22°.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button