News

Middelburg se “engel” het nuwe wiele

Heidi en Judy loop ’n deernispad met kankerpasiënte.

Judy Toua het al meer as enigiemand anders beleef hoe die dood sterwendes bekruip.

Wanneer hulle deur die dal van doodskaduwee worstel, is sy daar.

Judy Toue in 2009 in haar wit Unotjie afgeneem. FOTO: Tobie van den Bergh.

Sy word beskryf as die “engel” van Middelburg.

Judy is al 48 jaar in diens van hospice om terminale sorg te doen.

Wanneer haar wit Unotjie gesien word, het inwoners geweet sy is op pad na ’n terminaal siek pasiënt.

Die Uno was gaar gery.

Judy Toua en Heidi da Silva staan terminaal siek pasiënte by. FOTO: Tobie van den Bergh.

En toe uit die bloute koop ’n anonieme persoon vir haar ’n splinternuwe voertuig.

Tydens hospice se bekendstelling van hulle opgegradeerde fasiliteite, het sy gesê “daar is nie nog ’n gemeenskap soos die van Middelburg nie”.

Die persoon wat die voertuig geskenk het, wou geen erkenning vir sy goeie daad hê nie.Hy het darem die beloning om elke aand te gaan slaap, met die wete dat ’n “engel” op pad is om ’n sterwende by te staan, in die voertuig wat hy gekoop het.

Daar is deesdae ’n tweede “engel” aan die sy van Judy met Heidi da Silva wat haar bystaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button