News

Een van koudste plekke in die land

Temperatuur gisteroggend gemeet ’n bibberende minus sewe.

Die hoëveldse vlaktes tussen Middelburg en Alzu was gisteroggend een van die koudste plekke in die land.

Om die waarheid te sê, dit kon dalk die koudste plek in Suid-Afrika gewees het.

Die OGIMET data netwerk het rapporteer dat Shaleburn die koudste was op -5.5°C.

Shaleburn is ’n amptelike meteorologiese opnamestasie en landelike gebied geleë in die Mzimude-vallei naby Underberg aan die voetheuwels van die suidelike Drakensberge. Op ’n hoogte van 1 608 meter is die streek internasionaal bekend as een van Suid-Afrika se koudste plekke gedurende die winter.

OGIMET sê hulle data is uniek aan die netwerk en mag verskil van ander netwerke en individuele privaat lesings maar is ’n goeie aanduiding van die koue.

Brrr! is al wat mens kan uitkry in die tipe koue. Foto: Verskaf

Drie fietsryers het gisteroggend om 6:19, 28 kilometer vanaf Middelburg, op pad na die Azu Petroport, -7.1°C gemeet.

Die koudste temperatuur wat amptelik in Suid-Afrika gemeet is, is -20.1°C, aangeteken by die Buffelsfontein-plaas naby Molteno in die Oos-Kaap op 23 Augustus 2013. Die vorige amptelike rekord was -18.6°C op presies dieselfde plek, op 28 Junie 1996.

Terwyl Buffelsfontein die algehele koudste plek is, ervaar verskeie dorpe gereeld koue onder vriespunt soos Sutherland, wyd bekend as Suid-Afrika se koudste dorp, wat al -16.4°C op 12 Julie 2003 aangeteken het. Wepener 16.2°C op 28 Junie 1996. Giant’s Castle (Drakensberge) -12.0°C.

Belfast (eMakhazeni) het al -7.0°C aangeteken.

Die Top 20 koudste plekke gisteroggend in die land:

Shaleburn -5.5°C, Belfast -4.6°C, Frankfurt -4.5°C, Kimberley -4.5°C, Potchefstroom -4.1°C, Glen College -3.8°C, Bloemhof -3.5°C, Postmasburg -3.5°C, Vereeniging -3.5°C, Ficksburg -3.4°C, Kathu -3.4°C, Fauresmith -3.2°C, Vrede -3.2°C, Ermelo -3.1°C, Marken -3,0°C, Twee Riviere 3.0°C, Kroonstad -2.9°C, Lichtenburg -2.7°C.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button