High SchoolNewsSchool sportSchools

Pumas pak Grens more by Cravenweek

Nolte verwag beter dissipline van span

Na sy 43-29 nederlaag gister teen Griekwas, speel die Puma Cravenweekspan more (Donderdag) teen die Grens, wat met 36-14 teen die Valke gewen het. Grens se pak het die kragmeting gedomineer en die Pumas kan hulle staal vir nog ’n moeilike dag in Gqeberha.

Kras geel kaarte uitgedeel

Afrigter Coene Nolte sal hoop hulle het ’n skeidsregter wat beter blaas, nadat hulle teen die Diamantvelders die hele tyd aan die verkeerde kant was met kras geel kaarte wat uitgedeel is. Hy sal egter ook beter dissipline van die Pumas verwag.

Nadat Nolte met sy plaasvervangers begin het, sal die sterkste moontlike span more teen die Grens opdraf.
Daar is darem ’n stukkie sonskyn vir vanjaar se span met byna die helfte van die spelers wat weer volgende jaar beskikbaar gaan wees.

Nolte verhuis

Nolte verhuis egter na Limpopo om by Hoërskool Ben Viljoen aan te sluit en ’n nuwe afrigter sal later die jaar aangewys word.

Die Valke en Griffons speel more in die eerste wedstryd, die Bulle pak Griekwas en die Leeus speel teen die Westelike Provinsie vyftiental.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button