Die hare waai tussen die dorp se twee ouetehuise, kathare.
Nee, nee, die tantes het mekaar nie aan die hare gegryp nie, alles is vir ’n goeie doel.
Die Suid-Afrikaanae Vroue Federasie Ouetehuis het die St. Josephs Ouetehuis uitgedaag.
Die uitdaging? Kyk wie samel die meeste katkos in voor 18 Julie.
Dit is alles ten bate van Federal Care Friends en word onder die vaandel van Mandeladag gedoen en die “Katkosprojek 2026”.
Die projek gaan poog om 670 kilogram katkos binne vier weke in te samel.
Katkos kan by die SAVF Ouetehuis afgelaai word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
