NewsSport

Grassade gaan roer soos winkende hande

Fietsryers kan net tot middernag inskryf vir 100 myler.

Wanneer fietsryers Saterdagoggend (25 Julie) agt uur by Alzu Petroport wegspring, in die 100 en 50 myler gruis- en bergfietswedren, kan hulle Eugene Marais se gedig “Winternag” oproep.

O koud is die windjie

en skraal,

En blink in die doflig

en kaal,

so wyd as die Heer se genade,

lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,

versprei in die brande,

is die grassaad aan roere

soos winkende hande…

In die koel bewolkte oggend gaan die windjie aanvanklik koud en skraal wees.

Die grassade gaan roer soos winkende hande.

En dan gaan daar oor 160 en 80km getrap word in heerlike sonskynweer.

Die oggend begin ook met ’n lastige windjie.

Langs die pad gaan die boeregemeenskap sorg vir waterpunte en tipiese Middelburgse gasvryheid.

Dit is nie ’n tegniese roete nie met mooi plaaspaaie.

Daar kan net tot vanaand (Sondagaand 19 Julie) om middernag ingeskryf word.

Inkrywings beskikbaar by https://themunga.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button